Gedigte

Titel: Beertjie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek sien jy,t nog vir Beertjie ,
sy jare vertel n storie
wat heeltyd net oor jou gaan .
Hier troos hy n seertjie ,
en daar leer hy jou staan ,
en nou sê hy dit is tyd
dat jy van hom af weg moet gaan

Daar,s trane in sy oë ,
en sy hart is nie gereed ,
ek hoor hom sê hy sal jou nooit vergeet .
Beertjie hou jou hand vas ,
maar Beertjie moet omdraai...
Beertjie , probeer verstaan dat sy gaan
waar beertjies nie mag gaan nie .

Ek hoop Beertjie sal verstaan
wat jy hom nou vertel
van Engele , en aangaan ,
en van agterbly ,
van die Hemel , en wat trane is ,
en al gaan dit dalk sy hart breek ,
dat beertjies ook seer kan kry .

Jy kon hom altyd lewend gemaak het
as jy net aan hom geraak het...
ek wens ek kon dit doen ,
ek wens nou ek was hy ,
en dat ek hande het soos jy .
Jy het sy hart gebreek...
Jy het sy hart gebreek .
- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beertjie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Water projek
5 jaar 2 maande 1 week 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar