Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Teen die vaal vlaktes van die Vrystaat
lyk die sjokolade bruin beeste opgeplak
en jy kan die vuil drentelende skape
maklik met ’n miershoop misgis.

’n Witborskraai vlieg laag
oor ’n alwynkoppie verby
en ek sit en verlang na jou
so in die ry.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BEESTE
So mooi beskryf jy hier die diere en die landskap... (En die verlange wat sommer so terloops genoem word) Baie treffend! (So in die ry)
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Vrystaat
Prentjie mooi beskryf.
5 jaar 6 maande 1 dag 23 ure oud


Opgeplak
Ja regtig! Dís hoe dit lyk. Skryfwerk uit die boonste rakkie.
5 jaar 6 maande 2 dae 1 uur oud


Hmmmmmm
Die Vrystaat is nie net vir deurry en verlang nie..
;-)
Goed geskryf.
5 jaar 6 maande 2 dae 2 ure oud


beeste in die Vrystaat
wat n mooi beskrywing.
5 jaar 6 maande 2 dae 4 ure oud


Vrystaat
Daar's iets omtrent die Vrystaat...
wat 'n mens net laat verlang
miskien is dit die stilte
wat só...oor alles hang :-)

Ek hou baie van jou skets...ek dink Rudi is reg...dis nie te kort nie...en nie te lank nie...goeie werk. Ek hou van hoe jy die beeste en skape sien..
5 jaar 6 maande 2 dae 17 ure oud


die weervoorspelling
net kort genoeg.die reisgedig van jou.
maar dit vliet nie ongesiens verby nie.
ek hou daarvan
5 jaar 6 maande 2 dae 17 ure oud


Vrystaat Blues
Inderdaad 'n sprekende reisskets. Al wat kort is 'n blues deuntjie.
5 jaar 6 maande 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar