Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dooies is die gelukkiges.
Geen kans vir verwyte,
geen kans om te kan dwaal,
geen agteruitgang in die geliefde se oë...

Immer gepreserveer in die verlede se geheue,
die goeie wat was,
die foutlose maat,
vasgegiet in monumente van graniet;
dis net ons wat later kom,
wat feilbaar is.
Ons wat die dooies se spore moet voltrap,
ons met die voete van klei...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dooies ...
Welgenaad WV ... die dooies is voorwaar die gelukkigste
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae 17 ure oud


.
Dit het jy reg en het jy dit baie goed bewoord.
4 jaar 10 maande 2 weke 6 ure oud


begraafde
absoluut puik gepen... ja soms is die dood die genadige pad...
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Hmmmmmmm
Dankie vir die kommentaar.
Ek is bly as ander dink iets wat ek griffel is goed.
(Veral as ek nie juis gedink het dis besonder spesiaal nie.)
Ek het lui geword Viooltjie, anders het ek dit dalk bederf met nog 'n laaaang supercalifratiousexpialidocious verduideliking.
;-)
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


geliefdes
Voorwaar een van jou bestes. Knap gedaan.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


geliefde
Nou ja, ek dink jy het so pas jou beste gedig nog, geskryf. Weldeurdag en netjies gepen. Net genoeg gesê - geen onnodige verduidelikings nie :-) Boonop is dit slim en gee mens iets om aan te kou en oor te wonder. WELGEDAAN! ! !
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


geliefdes
Pragtig gedoen.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Z
Ek hou van. Uitstekend.
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar