Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis klam.
Die dou op die gras.
Die wasem teen die motorruite.
Die sweet van warm lywe
Die bitter tong in die mond.
Die jong latte en die donsdosies.
Besoek aan kinders die sondes van kinders.
Die dood in 'n vrugsak gevang.
Die klam kluite wat dof teen die kis plof.
Die trane vir my kind in sonde gewek
in soetsuur verdriet verdrink.
'n Heildronk op Bacchus.

Dis klam.
Beklemmend klam.
Versmoor.
'n galg berei
om 'n lam te offer
en te treur.
'n Moddergraf.
Soutreën op my wang.
Klam kluite wat dof teen die kis plof.
Trane vir my kind in sonde gewek
in soetsuur verdriet verdrink.
'n Heildronk op Bacchus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Begrafnis
So baie hartseer in hierde gedig vasgevang, maar so goed deur die skrywer uitgebeeld.
13 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar