Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek's hier en ek's versigtig
As'k deur die skrefie loer
My kop weer vinnig terugpluk
Weg ander kant toe, doer

Verskoon my, liewe vriende
As ek vreemd verleë hier staan
Dalk nek weer vinnig intrek
En deur weer toe laat gaan

Ek wag steeds nog hier buite
Om vinnig weer te kyk
Die skrefie word nou groter
Die deur nou skielik wyd

Terwyl my oge wonder
Of dit is wat ek sien
Vertel my hart ’n storie
En voel ek ek verdien

'n Plekkie in jul ruimte
'n Gaatjie net vir my
Vanwaar ons altyd later
’n Kuiertydjie kry



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bekendstelling
Dit is nou wel 'n bietjie laat maar ek wil nogtans sê "BAIE WELKOM" en ek is bevoorreg om jou as vriend by te kry. Lekker skrywe
3 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Baie dankie!
Baie dankie aan Zymrly, Viooltjie, Arnold, Evelyn en Anze vir die welkom woorde. Ek voel klaar tuis. Ek hoop om by te dra tot die projekte en so elke dan en wan 'n vers (ek sal dit nou nie 'n gedig noem nie) 'n artikel of iets vir die Projekte. Vergewe my as ek nie elke dag gesels nie. Ek's knie-diep in my volgende boek en die woorde loop soos water.

Geniet die dag en dankie. Dis lekker om te weet julle is daar.
4 jaar 1 maand 5 dae 19 ure oud


Z
Welkom in die Woesbuurt. Mag jy ure van kreatiewe bevrediging hier beleef.
4 jaar 1 maand 6 dae 11 ure oud


Bekendstelling aan WOES
Welkom hier tussen die Woesters. Mag jou ideal verveesenlik word.
4 jaar 1 maand 1 week 5 ure oud


welkom
Sommer 'n oulike idee en gedig om mee weg te spring hier op WOES. Hoop dis die begin van baie lang jare :-)
4 jaar 1 maand 1 week 9 ure oud


Welkom!!!
ons is een groot familie!!! Baie welkom in ons midde.. laat waai sodat ons jou mooi skryfsels kan begin geniet!
4 jaar 1 maand 1 week 12 ure oud


welkom
Nee wat hier is ons almal vriende en dis nie nodig om kop uit te trek of dan in te trek nie. Baie welkom en hoop jy gaan gou inskakel by die woes familie.
4 jaar 1 maand 1 week 16 ure oud


Rachelle
Baie Welkom!!! Kom gerus binne en maak jou tuis. Ek's seker jy gaan nog diep spore hier op die Woeswerf stap.

Mal oor jou Bekendstellinggedig :)))
4 jaar 1 maand 1 week 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Susanna Maria Magdalena

deur Lorelei

Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar