Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Weskus pronk van jou
in Knysna staan jy vol in blom
in wintersharte sprankel jy

in die glorie van 'n dominante rooi
lewe jy

en in die swart van 'n seisoen
sterf jy
'n genade-dood

net om weer jou belowende
trotsheid te bekroon
met nuwe lewe
die viering van sukses
die soete geur van
"ek het getriomfeer"

jy's hoop en genade
gemeng met jou medisinale
meewerking om siekte
te genees

waar lê die tekens dan
as jy die een is
wat geskenk is
aan 'n vadershart
na sy moeilike kruispad

ek glo in tekens
en mag jy elke jaar
vir hom in die hartjie
van hoop wys
waar lê sy krag
in elke seisoen

dat hy deur God
se wonderlikste natuurprag
hoop kan kry
soos met jou sprankel-rooi gelag.

Chantelle Holder
2 Desember 2014
Kopiereg 2004-2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

belladonna
Goeie opbou na besonderse slot
5 jaar 4 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


.
Liefste Vriendin.

♥♥♥

Ek is so bly jy deel jou gedigte weer hier!
Kyk net jou goeie kommentaar!

♥♥♥
5 jaar 4 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Goed
Nog 'n ernstig goeie vers uit jou pen. In eenvoud is grootsheid opgesluit. Jou tema is uitsonderlik verantwoord.
5 jaar 4 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan
5 jaar 4 maande 1 week 2 dae 6 ure oud


belladonna
mooi gepen
5 jaar 4 maande 1 week 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar