Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waens rol aan oor berg en dal,
die gras is groen maar die lug is vaal
want waarskuwings wat op dowe ore val
vertel self van die lewe se ou verhaal
en diep in Zoeloeland prut ʼn pot
waar skemer skadu's vergaar -
vreesloos vas in voorvaderslot
met voete wat stampend hoop
om op ʼn maanlose somernag
ʼn assegaai in bloed te doop

O Bloukrans,
waar honderde indoenas dans
- dis te laat om te vlug -
ontelbare impi’s kom vir die slag
met krygskrete wat sny deur veld en lug
en na die uur van angs en skok
in diep gesonke trekker oë
word pyn ʼn vuur wat dieper brand
as donsvere draai soos kapok
oor ʼn eens beloofde land.

© C. Potgieter 2013-09-14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beloofde land
laat n mens ver terugdink aan ons geskiedenis. met die roekelose moord op ons boere vra mens jouself af of die geskiedenis nie besig is om hom te herhaal nie
6 jaar 2 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Beloofde Land
Baie treffende gedig, veral die reel "'n assegaai in bloed te doop" baie goed verwoord :)
6 jaar 6 maande 2 weke oud


Land
Regtig baie goed geskryf...dis nogal meesleurend en eintlik wil 'n mens nog lees...
6 jaar 6 maande 2 weke 7 ure oud


♪♪♪
Hierdie is uitstekend gedoen! Die traan lê diep in die verlede en in die nou...séér!
6 jaar 6 maande 2 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar