Gedigte

Titel: BEMAKING
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vele dinge het ek al geërf by dooies:

Room smeer bo-op hande
is Gerda se hebbelikheid.
Bruinsuiker in my Earl Grey-tee
roep Beni voor die gees.
In versfinesse – nee, die strewe daarna –
sien ek Rika, hoor ek Ernst.

Vlak voor die spieël
egter
is plooie Pa,
hare en are Ma,

maar dieper as die dop:
Ma se vermoë om lief te hê,
Pa se verbloemde pyn.

Van waar die deernis dan met donker?

Van waar die lessende dors na Hom,
Hy wat Pantokrator heet?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pantokrator
. . . inderdaad!

En tóg bemaak Hy, die Almagtige, "Lord of Hosts", ook aan ons die vermoë om te mag kies
3 jaar 3 maande 1 week 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar