Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Okei
ek wis van al die standpunte
maar
uiteindelik
kies ieder sy eie pad.

Sommige
sien hulle se gat
anner hou by die pad.

Sommige
word bouvalle
anner word
wrakke

So is die lewe maar -
ogies vol trane
en neusies
vol snot

Juis is die Kerk rond
anners skyt die kinners
innie hoeke

Maar

Dit gaan net oor -
wanneer die begeerte regeer
is die rede maar swak.

Hierdie rede
is nou nie juis
Woestelinge
se gunsteling nie –
tensy daar
‘n onner-die-kombers
bedekte begeerte
en rede is.

Ek combine beide –

Vars
uit die pasgemaakte
Willie se . . .

Biltong affêre
en

Vars gestookte
laat-oes kumkwat
brannepoer

en . . .

Nou kan die rugby maar begint!

Bokke verloor . . .
het ek rede

Bokke wen
beredeneer ek
‘n begeerte.

2015/10/24

Napraat
Beredeneer my 'style'
Met
wynglasie en 'tot' meter !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

beredeneerde
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
5 jaar 3 maande 4 dae 22 ure oud


Redeneer
En nou weet ek jy is opreg BOER, altoos 'n plan!!
5 jaar 3 maande 6 dae 14 ure oud


***
Weer goed op jou stukke, Wolffmann, met nogal 'n paar interessante lewensbeskouings.

Ag, ek is seker met die biltong en mampoer byderhand kan mens maar die klein verskil in die bokke se resultaat regpraat...
5 jaar 3 maande 6 dae 17 ure oud


Begeerte
Ek hou daarvan om jou skrywe te lees Sneeuwolf, soms vir my mooi ander kere vir my minder mooi, maar tog geniet ek jou werke dankie, jy is reg, elkeen kies sy eie pad.
5 jaar 3 maande 1 week 3 ure oud


Begeerte
Willie, ons moet versigtig wees vir daardie onder die kombers bedekte begeerte. Ons jare stap aan!
5 jaar 3 maande 1 week 4 ure oud


Beredeneer . . .
"Dit gaan net oor -
wanneer die begeerte regeer
is die rede maar swak."

Daai biltong . . . oeeee, daai biltong . . .

Jammer die Bokke het toe verloor.

Maar nou hét jy mos rede.


5 jaar 3 maande 1 week 9 ure oud


Beredeneerde begeerte

Wolfie, hier word jy nie 'n meester nie, jy is die meester!

{Sommer so onner wankelende knieë en staar op gisters (waarvan ek 'n wrak is!?)kom herinner jy aan die moet vergeet van gister, die water onder die brug deur en vespilling van geleenthede ens.) en bring ons tot die hede wat nou net begin het: Bokke teen All Blacks !!!

(..of is dit nou Allblacks?) Nee ek lok gin uit nie!)}

Baie dankie ou grote en liefdegroete daar.!!!

(En natuurlik: Waar mampoer net effens beskimp word is ek kampvegter genoeg om te hensop want mampoer is soos swartmamba - dodelik in eie reg omdat dit ewe giftig syn...)!
5 jaar 3 maande 1 week 17 ure oud


begeerte
willie in sy eie styl en ek laaik dit kwaai
5 jaar 3 maande 1 week 21 ure oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar