Gedigte

Titel: BESMETTING
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die smet op my jeug
lê soos mis oor my siel
hoe kon jy dit doen
my lewe so verniel

ek probeer vergewe
poog om te lewe
ek was maar ‘n kind
en jy ouer bloed

soveel jare later
God het jou vergewe
net ons geheim
het jy ‘n gewete

soms kry ek vergeef
soms kan ek leef
maar al te dikwels
gedagtes soos van newels

al te dikwels die haat
wat opwel sonder maat
al te dikwels die wens
om die lewe te verlaat



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Besmetting
ongelooflike gevoel in hierdie woorde
10 jaar 3 dae 2 ure oud


Ek is so nuut hier dat ek nog orals moet krap en lees. Ek was nou so verras met hierdie gedig dat ek sommer 'n ietsie wil sê.
Dit anderkant van eina
bring maar soms, net byna
vergifnis in die regte maat
vir die begrafnis van haat.

Ek het jou 'besmetting' gevoel, en saam jou oorwinning gevier.
Baie mooi
10 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Puik verwoord!
10 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


sensitiewe seer gedig...
goed verwoord
10 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Ek weet nie van die hanskakie nie maar stem saam met Meraai. Het ook jou profiel geniet. Ek dink ons twee sou baie he om oor te gesels. Groete. A
10 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar