Titel: Betowering
Weergawe: 1
Aantal woorde: 130
Kere gelees: 39
Datum gepubliseer: 24 Oct 2010
My geluk kry net nie end nie
met jou as maat, hand aan hand
Uiteindelik voel ek gelukkig, gevul,
tevrede, hier in jou berge-land
Kerslig-ete, ‘n glas sjerrie
‘n opregte glimlag, jy het my bekoor
Daar tussen berge het ek waarlik
my hart begin verloor
Baie later lê ons styf teen mekaar vas
ons praat oor is, kon wees en wat was
Ons het drome gefluister die hele nag,
gesels en luister tot die volgende dag
Saam beleef ons deinings van geluk
liefdesgolwe wat aan hartsnare pluk
Hande soekend oor berge deur valleie
vanaf nekke, langs die sye, tussen dye
Maanligstrepie wat die kamer indring
‘n koor paddatjies wat buite begin sing
die sterre in jou oë, die more se grou
jou wil ek vir altyd, in my arms toevou.
Lees ander gedigte deur Andre' Jordaan
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Maangodin
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.