Gedigte

Titel: Beurend
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Opstaan en val
opstaan en val
dis seer in my hart
die trane die loop
steunend, kreunend
deur die skadu van die hel
beur ek voort.

In die verte
kan ek dit reeds gewaar
Met Sy hulp
kom ek eendag daar.

Dan...
dan stap ek
jubelend deur die hemelpoort.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beurend
Iemand het eendag vir my gesê hoekom moet die mooiste mooi gebore word uit die hartseerste hartseer.
3 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 21 ure oud


Beurend


Die laaste opstaan is die belangrikste want dan begin die ewigheid buite tyd...
Baie treffend geskryf Ja.
3 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


beurend
Dit kom my voor die lewe is meestal maar val en opstaan. Goed vasgepen, Jan. Mag ons altyd opstaan :-)
3 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud


Beurend
Moet netnie opgee nie. Die wenpaal kom elke dag bietjie nader.

Baie sterk en diep gedig
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Beurend
'n Dag waarna ek geweldig baie uitsien! Goeie gedig Janneman!
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 14 ure oud


beurend
Jan dit is ons almal se bemoediging waaraan ons vasklou
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud


Beurend
Aanhouer pluk die vrugte van vreugde.
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 19 ure oud


Beurend
baie mooi vasgepen Jan
3 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar