Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



’n Dodelike gif – eers word jou
rooibloedselle vernietig,
dan word jou vel blou en dan
versmoor jy
stadig.

Ek het hom met trane in my oë
iewers diep in die woud
gaan begrawe;
sy moordenaar vir weke lank
gesoek.
Maar daar is altyd iets anders wat
in hierdie rigting kom – nog ’n skuldlas
of sonde wat geen perke ken;
moordadigheid en wellus wat die natuur
se stem dood wurg.

Middernag is daar ’n gefluister
tussen die bome.
’n Storm van pyle klief deur die lug
nege rowers sterf ’n vinnige dood
te vinnig na my sin, maar
geregtigheid kom in vele
gedaantes.

Dit is ook op hierdie nag wat
ek diep in die donker onder ’n eikeboom
vir iemand wag – iemand wat na my toe
sou kom.
Iemand wat die pyn ken.
Iemand wat weet waarom my siel
snags in soveel stemme fluister.
Iemand wat weet waarom my hart
se lied om dowe neute saam met
gedagtes in die grond
vertrap word.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nag
Mens verdwaal skoon in hierdie gedig. Daars so baie om oor te dink en te wonder en daar word baie beelde geskep. ek dink dis BAIE goed gedoen. en dit is ook interessant om te lees. GOEIE WERK
3 jaar 10 maande 4 dae 22 ure oud


bewaker van die nag
kan net stilstaan en diep buig.. PUIK!
3 jaar 10 maande 6 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
my aan Green Arrow laat dink..
jou slot is fantabilooslik.
3 jaar 10 maande 6 dae 21 ure oud


Gif
Netjies
3 jaar 10 maande 1 week 8 ure oud



Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar