Gedigte

Titel: Bid vir S.A.

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kopskuddend het ons toegelaat
Sy wil en wet laat oortree
Nou is die huwelik nie meer net man en vrou
En menseregte het Sy wet ontroon
Misdaad maak ons bang terwyl pryse styg en markte val
Ons as land en nasie moet bely
In pas met God moet ons weer kom.

Ons en die land het nou gebede nodig
Om die terug na God te loop
Net Hy kan ons uit die krisis help
Maar needrig moet ons voor Hom staan
Ons sondes voor Hom bely.

God self dui aan ons die pad in 2 Kron 7:14
As ons as nasie ons verootmoedig en bid
Ons moet bekeer van ons verkeerde weë,
Dan sal God uit die hemel ons hoor
Ons sonde vergewe en ons land genees

In dankbaarheid en ootmoet moet ons voor Hom buig
Sy Seun het Hy aan ons gegee en al wat Hy verwag
Is dat ons nasie moet wandel in Sy wil en weg
Sy wil te doen begin by jou en my
Genadig en regverdig is Sy naam
Aan Sy sy wil en moet ons bly




Kommentaar

Ek bid saam vanaand ....
Sy wil te doen begin by jou en my ....

Bokmakierie hierdie lyne is SO waar!! Ek het jou bydrae vanaand gekies as my aandgebed voordat ek kamer toe gaan in Austalia. Al ons mensies behalwe ons kinders en kleinkinders, is nog in SA so ons gewese land hou nog steeds my nasate en afstammelinge gekoester in die mooie voue en plooie van landskappe so uniek aan SA.
3 jaar 7 maande 1 week 2 dae 4 ure 13 minute oud


Pragtig!
3 jaar 7 maande 1 week 4 dae 53 minute oud



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar