Titel: Binnegeluk
Weergawe: 6
Aantal woorde: 105
Kere gelees: 238
Datum gepubliseer: 10 Jan 2011
Daar's vreugde in my vel se sagte geur,
die pêrels van my naels,
die diep vallei se skaduwee
waar eens 'n vlakte tussen koppies was!
Ek onthou 'n tyd toe ek
elke seun se laaste keuse was
en nooit kon kompeteer
met die blonde blou-oog lentekoninginne in my klas.
Nou, as die lamplig val op donkersjokoladehare
-'n luukse wat weer by my skouers reik-
ken ek die waarde
onthou ek die verleentheid van 'n pruik.
Daar is genade dus, maar ook 'n vreugde in
die feit dat ek dié klein geluk van vrouwees
vir myself kan gun.
© I. le Roux
Jan 2010/Apr 2011
Lees ander gedigte deur inlocosottovoce
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.