Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sirkelgedagtes toi toi
Genadeloos teen die filter membraan
Wat moet skei tussen goed en kwaad
Tussen bipolêre hartseer en geluk

Emosies dwarrel
Wipplank hoog, laag, hoog, laag
Gedagtes so edel soos saffier
En dan so boos soos Sodom en Gomorra

Dit pluk aan die hart se harpsnare
Dat die melodie se wanklanke
Ruite trillend in emosie laat uitbars,
En die riviere van sout vrylik vloei

Dit laat die knieë knak
Tot die laagte van die vloer
En die lippe stom die woorde vorm
Help my Here net U kan alleen!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

BP
Voel so saam met jou en ken ook ander - het 'n spesiale plekkie in my hart! Was ook amper daar, nou net deurgaans binne klaar en lyk meestal buitekant OK! Upside vir my: "diagnose" help vir PMB:) Baie sterkte.
2 jaar 11 maande 3 dae 6 ure oud


Bipolêre smeekgebed
Sterk emosie en uitstekende beelding. Briljante gedig, Hannelie!!!
2 jaar 11 maande 3 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    n Vergane Era

    deur neels claasen

    n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar