Gedigte

Titel: Bitter pil
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Wrang wat nie weggaan
die bitter maak te seer,
hoe kan ek dit laat gaan
as dit my so verteer?
Alles wat jy kon beloof
maar nooit wou doen,
hoe het jy jouself verloor
in ‘n ander vrou se soen?
Terwyl ons by die huis vir jou wag
was sy die een wat laaste sou lag.
Het jy geweet, het jy geweet,
jou kinders wag nog vir jou “eendag”?
‘n Huwelik verlaat,
‘n gesin verbrokkel,
elkeen vat sy pad,
net nog ‘n hartseer spul.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bitterpil
Bitter seer - maar wees verseker op die einde is jy die een wat laaste lag - want jy is bevry!!
Baie diep en seer, maar ook bitter mooi.
4 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


Bitter Pil
Veelseggende gedig. Gelukkig is jy geseën met woorde...ek kan jou ook verseker (uit ondervinding)dat die galbitter nasmaak van hierdie pil mettertyd verdwyn soos mens op ander dinge begin fokus. Groetnisx
7 jaar 3 maande 5 dae 11 ure oud


Ai ... dis seerkry
7 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Jammer Vrou
Woorde is min in hierdie geval. Gee daai kinders maar 'n ekstra drukkie van my.
7 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar