Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bitterbloubessie kraak in my Mond
Drup-drup die sap soos stroop
Bitter-soet die smaak op my tong
Bedremmeld in liefdesdrang

Somerson oor my lewensreis
Skadukant agter my verberg
Helderheid wat iewers vir my wegkruip
Sonsteek aan die brand.

Ek soek jou in my lewe
Soms soos gal waarvan ek wil braak
Dan weer soos ‘n magneet
Wat klou en klou tot wraak

So diep sypel die Bitterbloubessiesap
In my bene, deur my lewe
Verwilder my gedagtes
Dronk op die lewenspad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bitterbessiesap
So bevind 'n mens hom onder die sombere skadus van die lewenspad sonder dat hy daarvoor gevra het.
3 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 12 ure oud


sap
ek stem saam met koekekranka moekie. tien goue sterretjies vir jou hoor
3 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


Bitterbessiesap


'n Besonderse en weldeurdagte aanslag van die erotiese sonder om dit aan 'n maspaal te adverteer. En die byna weggesteekte nuanse tussen woorde en begrippe soos bitterbloubessiesap, magneet wat klou,dronk op die lewenspad ens. verhoog nie net die stemming van jou werkie nie, maar rond dit af as 'n prag skepping. Welgedaan!
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar