Gedigte

Titel: Bittermin
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tussen gerugte van reën en bitter sweet
Maak ons weereens gereed
Vir swaar tye, sonder reën
Hierdie lande is lankal gespeen
van God se water
Dorsly, swaarkry
Rug gebuig onder slaweny
Waneer aalmoese nodig raak
Moet jy bakhand staan, jou menswees kraak
Gebede raak skaars
Hier op die dorre plaas
Oë al dof gekyk
Na iets wat soos `n reënwolk lyk
Mooifontein se naam maak nie meer sin
Verander dit liefs na Bittermin



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bittermin
Jou gedig raak aan die hart! Dit is hartseer as droogte mens so kniehalter. Maar bittermin is beter as niks. Met bittermin is daar al groot suksesse behaal en al die bittermin gebede word gehoor en verhoor. Sterkte en hou maar moed.
....met liefde, Alfie
9 jaar 9 maande 6 dae 10 ure oud


Ai, dit klink maar moeilik. Ek hou van die slot van jou gedig. Goed geskryf.
9 jaar 9 maande 6 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar