Gedigte

Titel: Bladmusiek
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deel 1

Ek skryf vir jou bladmusiek
- hoop jy kan dit verstaan -
om jou op toonhoogte te bring
om jou nootvas te hou
Slegs die woorde
moet jy self onthou

Ek laat jou drink
uit die onuitputbare fontein
van my liefde....
in die Tuin van Eden
waar ons wang teen wang
dans op die wysie
van my bladmusiek

Deel 2

My hartsnare voel diep hier binne aan
dat jy my bladmusiek verstaan
wyl jy my al stywer vashou
op die wysie van “onthou”
Al kan jy nie my note lees
is ons tog gebonde - een in gees
Liefdesmusiek vir my en vir jou
maak ons saamsmelt in trou
In die Tuin van Eden, so lowergroen
ervaar ek wat jy aan my hart doen
Die appel is nie nodig -
verleiding is oorbodig
Wiegend op my bladmusiek se maat
gaan ons oor tot die tere liefdesdaad



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar