Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

in Hemelvuur
se felle bliksemstraal
wat in vingertaal
oor uitspansel trek
met swaelreuk
wat deur natuur
‘galmend strek

die donderbliksem
se felle knal
wat naglug skeur
onder die krag
van woede in natuur
wat skelet-vingers
donderend vuur

kraterspore word
in kragvoor gesny
vanaf sewester se punt
tot oor wye oseaan
waar dit nuwe paaie
in loodreuk teer
oor die litosfeer verf

© Anzè Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bliksemstraal
Pragtige verwoording van hierdie vreesaanjaende natuurverskynsel! Puik gedoen met mooi foto!
5 jaar 1 maand 4 dae 13 ure oud


BLIKSEMSTRAAL
Sjoe, dit voel of dit hier langs my slaan. Baie kragtig.
5 jaar 1 maand 1 week 2 dae 23 ure oud


Hemelvuur
Die weerligstraal beskryf jy baie mooi ( laat ek maar erken ek is bang vir die 'hemelvuur)
5 jaar 1 maand 1 week 4 dae 21 ure oud


Hemelvuur
Kragtig, pragtig....
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 2 ure oud


Hemelvuur
Baie mooi beskrywing van iets vreesaanjaends.
5 jaar 1 maand 1 week 5 dae 18 ure oud


Hemelvuur
Pragtige en lewewekkend kuns wat hier in woorde vasgevang is. Wow...
5 jaar 1 maand 1 week 6 dae 23 ure oud


Blits
. . .

"kraterspore word
in kragvoor gesny . . ." Dis baie goed gesê!
5 jaar 1 maand 2 weke 3 ure oud


bliksemstraal
die krag vn die natuur meesterlik beskryf met n pragfoto
5 jaar 1 maand 2 weke 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar