Titel: Bloed en klip
Weergawe: 1
Aantal woorde: 299
Kere gelees: 65
Datum gepubliseer: 01 Jun 2010
Wanneer het dit so tegnies geword?
“Mamma! Yolanda!”
My kind lê al weer op die grond.
“Bring vir my ’n kussing en kombers,
die kombuisvloer is koud.”
Ek voel so moeg en oud.
Bloed op ’n kussing ken geen spyt –
’n mond al weer stukkend gebyt.
“Help my, Armand, Wynand,
draai haar op haar linker sy –
ons moet haar lugweg oop kry.”
Niemand meer verward –
ons almal ken die pad:
die ruk, die pluk,
die bloed in smoor;
’n Grand Mal se duiwels koor.
Wanneer gaan ons die stryd verloor?
“Sorrie, Mamma, vir die gemors in die kombuis,
dit was te laat toe ek besef iets is weer nie pluis.”
”Niks om oor jammer te sê, my kind,
net bly ons het jou betyds gevind –
dit kon erger gewees het, jy weet!
Almal het maar ’n kwaal en ’n skeet,
maar ons is by jou, moet nooit vergeet
dat jy nie alleen staan in hierdie leed.”
“Ek het ’n koek-hou geval hierdie keer -
jislaaik, Mamma, my kop is so seer!”
“Hier’s twee Panado’s vir jou, my kind,
en moenie vergeet om jou pille te drink!”
(ek sal jou help onthou, ek belowe...)
“Dankie, Mamma, lekker doeks, love you, mwah!”
(Dis reg so, Sussie, sien jou môreoggend vroeg)
My dapper kind, ek hoor jòù nooit kla,
maar ek wonder: sien jy ooit mý moeg?
Sien jy ooit die siele-wroeg
wat ek so diep moet wegsteek
want ek moet sterk genoeg wees
om ons almal se hartseer te dra
deur oomblikke soos vanaand –
sien jy dit ooit raak?
Wanneer ek omdraai en jou kamer lig afsit
wens ek dit was so maklik om die seer te bind;
die bloed wat klop vêr agter die klip wat wys –
in hierdie geveg staan ek vas, betaal jou prys.
Lees ander gedigte deur A Muller
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Christo Nel
'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.
Sterkte,
Marie