Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Op die Vlaktes van die Kaap;
is daar ‘n ander lewe van haat en wraak

Dis hier waar bendes hul turf behou;
vir dwelms en oorlewing veg hul getrou

Tattoos en littekens op hul vel;
sal hul lewensverhaal vertel

Elkeen is aan ‘n nommer verbind;
die 26's roebana, hul soek geld totdat hul dit vind

Nommer 27 kyk net bloed;
hulle sal jou met wapens en koeëls begroet

Die 28's is die hoofstam en maak die nommer sterk;
ander moet vir hulle werk
Hulle khala vir 100 jaar;
bloed optel en wyfies vir mekaar

Straat bendes kom van Distrik Ses;
die Kaapse Vlakte bly hulle nes

Grafitti teen die mure spel uit die grense;
hier gehoorsaam jy die bendes se wense

Daar is ‘n Hitman in elke gebied;
word betaal om dood te skiet

Die Hard Living Kids van Mannenberg;
Staggie broers het hul vir die bende gewerf

Die Americans kry jy oral oor;
hulle sal vir net ‘n paar sente moor

Born Free Kids word hul genoem;
misdaad is die vryheid waarop hul roem

Bobby April trek die Mongrels se vrag;
mense gevange in sy mag

As die bendes vir gevegte "saddle up";
gereed maak om mekaar op te kap

Vensters en deure word toe gemaak;
skiet tog net nie my kindjie raak

Die koeëls vlieg en die hel bars los;
iemand se kind val neer in die stof

Ag Heretjie, help nog net hierdie keer;
dat die lewe in my kind terug sal keer!

Die Kaapse Vlakte lê vol bloed;
verby gaan nog ‘n begrafnis
stoet...

Ek groet jou, Hosh my bro $


Hein Smit
2 September 2015

Stigter en Bevelvoerder
Bende Eenheid
10 Maart 1989 -
11 Maart 1994



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bloed op die vlakte
weereens n werklikheid so puik geskets!
5 jaar 3 maande 4 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar