Gedigte

Titel: BLOEDGROND
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Deur die plaashuis venster brand die liggie dof;
hulle is moeg na die dag se skof

Die eens vorse sterk postuur;
nou ‘n gryse krom figuur

Hul kragte is nie meer daar;
bejaard en help mekaar

Met ruwe hand skuif hy die Bybel opsy;
hul het vanaand die woord uit Psalm 23 gekry

Die opstal in die skadu van die sekel maan;
vir seker vanaand vir onheil gebaan

‘n Venster breek en glas wat val;
in ‘n oomblik word vrede omskep in hel...

Skote wat knal en lemme wat flits;
die reuk van bloed en kruit hang in die lug

Dit sny deur vel en vleis;
elke hou word met mening gedryf

Sy word vas gebind met ‘n koord;
die asem uit haar gewurg todat sy dood

Verbete veg hy om sy lewe te behou;
hoe lank sal hy so aan kan hou?

...deur ’n dal van dood skaduwee... weerklink in sy kop;
Here, wanneer hou die aanvallers op?

Nog een skoot wat knal;
op die grond word hy neer gevel

Hy kan nie meer veg;
stadig dryf die lewe uit sy liggaam weg

Met laaste sug het hy heen gegaan;
sy bloed het in die grond gegaan

Van die opstal in die skadu van die sekel maan;
sal net n murasie bly staan

Op ons vêr verlate vlaktes is die grond nou bloed bevlek;
geen naambord meer op hierdie plaas se hek ...




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bloedgrond
sjoe jy het hierdie harde werklikheid van ons plaasmoorde so akkuraat beskryf.. PUIK gedig
5 jaar 3 maande 4 weke 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar