Titel: Bloei
Weergawe:
Aantal woorde: 117
Kere gelees: 680
Datum gepubliseer: 19 Jul 2007
Gewete, genade
Ek’t my lewe toegewy
Aan die hartseer en die skade.
Hoeveel vra die mense?
Hoeveel doen die mense?
Voor die wêreld platval voor hul oë
En die son sal weier om op te staan.
Hoe kan ons verduidelik?
Aan wie moet ons verslag gee?
Na waarheen al die grense verskuif is,
Na die struggle verby is.
Waarheen is die liefde,
Die liefde vir ons kinders?
Gewentenlose martelaar,
Rower van onskuld en tyd!
Woede brand in ‘n somber hart
En word verorber deur rassehaat.
Groot genade
ongegronde
Ek breek ‘n stukkie van my siel uit
Om net weer my hart te vind.
Bloed vloei vrylik
Deur ‘n nasie.
Bloed vloei vrylik
Moor ‘n nasie…
Lees ander gedigte deur Elizabeth Orrel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Weergawe: | 4 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 4 ure 8 minute gelede gelewer
Onderwerp: kommentaar
Kagtig duidelik uitgespel. Mooi werk .Skryf oor die dinge in jou hart, dit bring bevryding.Woesgroete
Weergawe: | 4 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 15 ure 42 minute gelede gelewer
Die nasie bloei, jou gedig is vars en vrylik waar. Het dit geniet om te lees, maar ook eintlik hartseer, so onnodig, die bloei..
Dankie,
ChantelleHolder

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Woes-Nuus
Resensies
Gedigte
Rubrieke

deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.