Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(04/07/2008)



jy het stom geword
in jóú wêreld
en jouself weggesteek
in die dieptes van jou hart
sodat lig nie daarop kon skyn
en jou woorde het ys geword
wat fyn in my sny
en my laat bloei vir jou ;
bloei ek om jou te red
tervergeefs sou ek sê
want jy is een wat geen
redding wil hê
jy wil alleen bloei
en iewers in jou dieptes
moet jy vrede maak
in jou hart se oorloë



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtige beelde. Baie goed gedkryf.
12 jaar 3 maande 1 week 15 ure oud


Mooi beeldende woorde.
Dis mooi en ek hou daarvan.
12 jaar 4 maande 1 dag oud


bloei vir jou
soms het mens nodig om alleen die oorloë in ons harte te veg, en wanneer mense dan te naby kom, kwets ons juis die wat naby ons is. pragtig verwoord
12 jaar 6 maande 3 dae 23 ure oud


Mooi geskryf Nadia....
Hou so aan!
12 jaar 6 maande 4 dae 2 ure oud


Mooi gedig waarmee ek kan vereenselwig. Dis nie altyd so maklik om uit die hart se dieptes te ontsnap en jouself met ander te deel nie.
12 jaar 6 maande 4 dae 12 ure oud


Bloei vir jou
"jy wil alleen bloei
en iewers in jou dieptes
moet jy vrede maak
in jou hart se oorloë"

Die bogenoemde is regtig flippen stunning geskryf doll.

Groete

Chenél
12 jaar 6 maande 4 dae 15 ure oud


Skerp ys
Ys is skerp en as dit nuwe ys is dan sny dit baie seer. Dit is moeilik om iemand te help as hulle nie self gehelp wil word nie.

V
12 jaar 6 maande 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar