Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As hy jubelend die tuin in loop
kyk hy grootoog na die akkedis
lê die wêreld voor hom oop,

word sy aandag vasgevang deur ‘n groot koi vis
wat hom met groot oë dophou vanuit die poel
kyk hy grootoog na die akkedis

probeer hy die vis raak vat en die water is koel
terwyl hy ‘n klein paddatjie vang
wat hom met groot oë dophou vanuit die poel

die diertjie vasdruk teen sy wang,
dit uit sy hande uit spring
terwyl hy ‘n klein paddatjie vang

en die visse swem in ‘n kring
as hy nog ‘n paddatjie vat
dit uit sy hande uit spring

en hy word papnat gespat.
As hy jubelend die tuin in loop,
as hy nog ‘n paddatjie vat
lê die wêreld voor hom oop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar