Titel: Blonde man
Weergawe: 1
Aantal woorde: 317
Kere gelees: 36
Datum gepubliseer: 15 Sep 2010
hoe mooi is jy vir my as die son op jou hare skyn
die sonlig op jou oe val en die krakies
van jare se lief en leed
jou diep blou oe omvou
ek sien jou spiere bult
onder jou pragtige vel
so perfek en wonderlik mooi...
ek wil baie maal my hand
uitsteek en sommer net
aan jou vat, omdat
jy vir my so perfek is
jou heupe so ongelooflik gevorm
soos die van 'n atleet..
ek is seer, omdat jy nooit
jou drome kon verwesenlik nie,
die comrades waarvan ek praat,...
jou trane, ongestort, maar diep
binne in jou siel, sien ek raak...
dit bere ek hier diep in my hart,
jou jare van swaarkry... die
bere ek in die sagte voue
van my lyf
jou wanhoop, van dit waaroor
jy jou bekommer, die vou
ek in my arms toe
en elke dag le ek dit
voor Jesus se voete neer,
want soos jy weet... is dit
die enigste posisie wat
ek nog het om in te wees,
gestroop van alles - net ek en God
as ek in jou oe kyk sien ek
die gespartel vir uitkomste
die angs van more wat nog
moet kom en vandag ..wat
jy nog moet deur, maar...
ek sien jou hardloop op die seesand
met vreugde in jou hart
kop agteroor, jou goue hare
in die wind, arms in die lug,
lofliedere wat borrel oor jou tong
woorde wat net God kan verstaan..
trane van vreugde oor jou wange,
want die liefde van God het jou deurdring
Sy vreugde het jou laat
opspring soos 'n atleet
en jy hardloop die hemelse comrades
en jou oe is net op die wenpaal gerig
die wenpaal mooier as
enige aardse goue medalje!
jy het saam met die ander
deelnemers die goue tyd
en glorie behaal!!
my goue kop, man van my hart....
ek sal jou liefhe tot die dood ons skei...
Lees ander gedigte deur Katryntjie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Francis Gillieron
Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.