Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ons is almal maar net mense
ons maak foute
ons kry seer
stamp ons koppe
kwes ons harte
te onbeholpe, om te leer

en ons krenk mekaar se egos
ons kan onsself nie keer
staan dan skansloos teen die terughou
met bitter min, of klein verweer

ons is almal maar net mense
ons het letsels
ons het kruise om te dra

en soms moet ons vergifnis vra
maar die woorde bly ons faal . . .
en treur ons êrens
(diep hier binne)
sonder traan,
en sonder taal






C. Shaw
8 Augustus 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

menslik
baie goed verwoord
4 jaar 6 maande 2 weke 19 ure oud


die weervoorspelling
ons is almal maar feilbaar.

Infinite sadness....
4 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Menslik
Ons is almal feilbaar en tog is ons mens met soveel goed in ons.

Pragtig verwoord.
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


bloot menslik
Puik.
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Bloot
Soms is ons gans te veel mens. Alweer goed gespreek.
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


menslik
So is ons almal skuldig aan bogenoemde,sou ons maar op meer gereelde basis vergifnis kon vra, want wie is ons as mens om nie te vergewe as Hy al ons oortredinge vergewe het. Weereens puik gepen.
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Skuldig . . .
onskuldig, vinger wys en vergewe . . .

Jy sit jou digterlike vinger só meesterlik op die sagteplekkie van ons swakheid van doer ver aan die begin af!
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


vergewe
EK dink jy het oor iets hier geskryf wat verskriklik relevant is, en waarmee ons almal onsself mee kan vereenselwig. Dis so eerlik en opreg, maar die ritme en digterlikheid het jy nie agter gelaat nie. Ek dink heirdie moet teen my muur kom, soos 'n minatra.
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud



Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar