Gedigte

Titel: Blou
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Ek weet daar waar jy sit
by die eensaam tafel
en stil - stil jou legkaart ontrafel
voel jy steeds die see
se soutlug roep.
Buite jou venster
anderkant die lang ry bome
waar die golwe sidder oor die vlak
en raas deur die stof en gras
hou vas, hou vas.
Ek weet daar waar jy sit
by die eensaam tafel
breek jou hart met elke brander
oor ieder wang
n druppel verlang.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

blou
Baie goed geskryf...ek hou hiervan
5 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


die weervoorspelling
ek hou hiervan.
Goed vasgevang.

ek sou die struktuur as volg gemaak het:

Ek weet daar waar jy sit
by die eensaam tafel
en stil - stil jou legkaart ontrafel
voel jy steeds die see
se soutlug roep.

Buite jou venster
anderkant die lang ry bome
waar die golwe sidder oor die vlak
en raas deur die stof en gras
hou vas, hou vas.

Ek weet daar waar jy sit
by die eensaam tafel
breek jou hart met elke brander
oor ieder wang
n druppel verlang.

en dan sou ek die laaste twee reels van die laaste strofe omgeruil het.



5 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar