Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met die blou breek se branders
word my diepste menswees iemand anders
diep loop my siel se liefde vir die blou breek - iets so besonders

hier is my stilword plek
om my te red van ‘n wêreld so gek
met jou simfonie word my siel omkelk

elke brander het sy eie akoorde
sing sag ‘n heimweë’s-lied sonder woorde
neem my na vêr-verlang boorde

met jou helder trourokwit skuim
so hier en daar ‘n kol tieroog bruin
verpletter jy jouself teen die rots se grein

in die sproei van jou blou brander reën
versprei jy ongekende genade seën
vir mensekind wat siel-stil starend ween

kom meng jou soutwater met vloeisel uit my oog
draf doekvoet oor my wang se kartelboog
probeer met jou warm windasem my trane wegdroog

hoe beskryf ek my liefde vir die blou breek branders se mooi
wanneer dit siel-sag my menswees kom voltooi
in skakerings van grys, kobaltblou ook turkoois

op die seestrand by die blou breek se branders
hier word my siel ontwortel van alle eina-ankers
kom was my siel skoon – word dit weer iets besonders

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek is mal
....oor jou woordspeling. Dit lees lekker.
5 jaar 8 maande 4 dae 22 ure oud


-
Mis ek nou die Kaap!
5 jaar 8 maande 5 dae 17 ure oud


Branders
"met jou helder trourokwit skuim
so hier en daar ‘n kol tieroog bruin
verpletter jy jouself teen die rots se grein"

Die woorde is so sorgvuldig gekies. Ek hou van die gedig, maar die aangehaalde vers is besonders!
5 jaar 8 maande 6 dae 22 ure oud


Branders
Pragtige beelde, en hou veral van jou slot.

Emosiebelaaid, nes die see!
5 jaar 8 maande 1 week 15 ure oud


Branders
Hier het jy jouself oortref met beskrywings en woordgebruik Volpunte en staande applous.
5 jaar 8 maande 1 week 17 ure oud


Branders
Daar is baie towerkrag in die breek van branders. Mooi geskryf Anze!
5 jaar 8 maande 1 week 21 ure oud


Besonders
In die see en die getye kan mens soveel menswees raak sien
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 10 ure oud


Ano
Blou
Jinne, jy laat 'n mens heeltemal anders en vars na die branders kyk!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


Blou breek se branders


Dit wakker die diepermens...
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


Breek
Ja, nostalgies, fasinerend.
Die see is hipnoties.
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Blou
Die see hou werklik 'n magiese betowering in! Jy het dit egter pragtig hier verwoord, verstommend mooi beskryf Anze, Baie geluk, die werk is volgens my 'n meesterstuk!
5 jaar 8 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Blou
Ja vriendin, die see bring altyd die mooiste in ons gedagtes uit. Dis ongelooflik mooi geskryf.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 1 uur oud


blou
Sjoe Anze. hierdie is so lewendig geskryf dat ek dit eintlik aanvoel en in my gedagte wereld ervaar
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Blou breek die branders
Ai . . . .

Ek stem saam
Nostalgies verlangend
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


Blou breek se branders
Dink nou net hoe saai sou ons lewens gewees het sonder die bruising van die see.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


blou
Anze, jy het nou in woorde baie mense se emosies beskryf wanneer hulle by die see is. Dalk is dit omdat die see so oneindig groot en geheimsinnig is, dat dit dit so 'n sterk invloed op ons het :-)
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


Branders
Sjoe hoe verlang ek om nou sommer net daar op rots te sit en die seesproei en sout op my lippe te voel.
Baie dankie
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Branders
Sielsverrykend!
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Branders
Die see het pragtige woorde vir jou uitgespoel wat jy in rym vasgegom. Die betowering van die see is dat jy so siels skoon gewas voel as jy 'n tydjie by die see deurbring.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


2
Hierdie strofe praat uit my eie mond

hoe beskryf ek my liefde vir die blou breek branders se mooi
wanneer dit siel-sag my menswees kom voltooi
in skakerings van grys, kobaltblou ook turkoois
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


Branders
Vir ure aaneen kan ek net na die branders sit en staar. Hulle praat met 'n mens.
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 17 ure oud


foto 2
oh wow - dis so pragtig
dis presies hoe ek voel oor die see
dit vee al die sleg skoon uit mens se gemoed
voorwaar pragtig gestel :)
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


Ja . . .
die see en sy betowering, né?
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


Kommentaar
So pragtig beskrywend en sielvol....ek proe die sout en ervaar die see!
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Botes Stamregister en Kwartierstaat

    deur Willie Botes

    Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar