Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op Blouberg loop n blou niemand
oor die blou sand
terwyl sy blou voetstappe in die blou sand
blou spore los as hy wegstap
en wegraak in die blou sand

Waarheen loop die blou pad ? .
Dit bly net n blou raai .
As hy die Blou Trein vat
loop die blou spore n blou draai
deur blou plekke waar blou winde waai

Nie eers n Stormer kan swem
in die blou see nie ,
nie eers n Shark sal oorleef
in die blou water nie ,
nie eers Leeu kan stil staan
in die blou nie ,
nie eers n Cheetah kan weg hardloop
vir die blou nie ,
nie eers n Blou Bul kan wen
teen die blou spul nie .

Die blou man se blou oë is klam ,
n blou traan op n blou vlam ,
waar blou reën teen blou ruit val
oor die blou wolk se blou wal
sy blou lyf is lam

Die blou man vra die blou Maan
waar kom die blou vandaan
terwyl hy in sy blou lig staan
en sy blou hand skaam die blou trane afvee
waaroor die blou lewe gaan

Nie eers n Stormer kan swem
in die blou see nie ,
nie eers n Shark sal oorleef
in die blou water nie ,
nie eers n Leeu kan stil staan
in die blou nie ,
nie eers n Cheetah kan weghardloop
vir die blou nie , nie eers n Blou Bul kan wen
teen die blou spul nie .

- Cornè Etchells



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

blou
baie oulik met al die blouery
4 jaar 9 maande 1 week 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar