Titel: boekekennis boetekennis
Weergawe: 1
Aantal woorde: 81
Kere gelees: 78
Datum gepubliseer: 21 Dec 2011
soms is dit geleerdheid
wat sorg vir verleentheid
want hoe sal jy met mense omgaan
as jy nie hul taal verstaan
boekekennis het waarde
as jy vas staan op die aarde,
dan toepassings kan vind
wat dit met die probleem verbind
aan kennis moet ons voortbou
dat ons sal tred hou
met aanpassing, verandering
sonder enige verwarring
ons is hier om te heers, ook te bewaar
ons is afhanklik van mekaar
dit alles gaan oor die voortbestaan
hier, ons, die afrikaan
Lees ander gedigte deur Barend Steenkamp
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur die Posman
n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.