Gedigte

Titel: Boekrak:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Skatkis is jy voorwaar
ek kan net na jou staar
want hoe gaan ek besluit
watter skat om te ontsluit?

Daar is soveel om van te kies
jy maak my sommer baie vies
sal dit ‘n avontuur wees
of sal ek ‘n digbundel lees?

Of dalk ‘n liefdesverhaal
watter boek sal ek afhaal
wat sal ek nou lees
uit die skatkis van jou woordefees?

Netjies op ‘n ry
jul rûe gekeer na my
gebind in hardeband, sagteband of leer
wat kan ek alles uit julle leer?

Boekrak, ek het jou lief
al behandel jy my so stief
die keuse is so straf
jy hou jou lekker laf
lekker lag jy in jou mou
ek is sommer vies vir jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Boekrak
Ai so volgepakte boekrak is darem maar net n fees!! Baie mooi gepen
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar