Gedigte

Titel: Boekrak van my lewe ...

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Party boekrakke is groot
ander klein
party vol stof
ander blink gepoleer

Party boekrakke is vol
ander ...
soms is dit nodig om stil te word
en boeke te vat
'n voorraad opname van die indeks
van die boeke in jou hart

party boeke is oud en verwaarloos
ander splinter nuut
sommige het donkie ore
ander is net vir die oog verlore

daar is boeke oor jou geskiedenis
miskien een oor die voorspelling van die toekoms
'n boek oor jou huwelik
miskien een oor pogings in jou lewe wat misluk

'n rooiband boek wat jou eerste liefde weerspieël
en dan ...
die swartband boek,
die herinneringe aan die dag wat jy by 'n geliefde se graf moes kniel

die geel hardeband vriendskap boek
die een van die vriendin wat weier om te buig
die ligteblou ...
die een van al die onthou

tussen al die verskillende grootte boeke
is een met 'n buiteblad van glans
dit is die boek van jou
al die raad en vermaan
die woorde van jou wat my lewe help bou

een vir een stof ek die boekrak van my hart versigtig af
elkeen bevat 'n belangrike hoofstuk van my lewe
al is die boek oud of nuut
of selfs net vol bladmusiek
is elke een uniek
en het 'n bydra tot my lewe gebied ...



Kommentaar

.
goed geskryf
11 maande 2 weke 5 dae 46 minute oud


=)
wow ek het nog nooit so daaraan gedink nie... ek dink dis pratige werk adele... sal nou inspeksie gaan doen oor my lewens biblioteek....dankie.
1 jaar 1 week 2 dae 8 ure 52 minute oud


---
Wow...het hierdie boekrak van jou so geniet, adele...'n portret van jou lewe, 'n skildery van vele kleure!
1 jaar 1 week 6 dae 2 ure 27 minute oud


jy het dit pragtig gedoen!
1 jaar 2 weke 1 uur 9 minute oud


Boekrak van my lewe ...
Wat 'n pragtige biblioteek vol herinneringe... en soms ook treurige lesse oor moedswilligheid van ongeloof, moedswilligheid van onvergeef, moedswilligheid van...
So baie, maar, soos jy, het elkeen van ons ook maar ons eie boekery...
1 jaar 2 weke 11 ure 32 minute oud



Huppel op die Hoogland

deur Sussa

'n Lekkerlees bundel!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar