Gedigte

Titel: Boemelaar
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke oggend staan jy op jou pos,
jou bordjie ‘n vrae na kos,
jou klere gehawend – verslete,
jou uiterlike tart my gewete.

Jou hoedjie sit vuil en skeef,
jou kombers geskeur – uitgeleef,
toiingrig jou baadjie,
in jou broek ‘n gaatjie.

Jou gesig ongeskeer,
jou hele bestaan vol verweer,
jou skoene vol gate,
los getrek al die nate.

Jou lippe beweeg,
‘n storie so leeg,
‘n debat op jou eie,
geen skare in die nabye.

Net ‘n klomp gesigte,
starend na die ligte,
robote agter glas,
pionne ons werkers klas.

So deel van die oggend verkeer,
raak bekommerd wanneer jy makeer,
soek my oë na jou bordjie vir kos,
wonder dan of jy is, of is jy verlos.


Cornien



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dit is so pragtig geskryf, die empatie met die arme boemelaar, ek het in gedig oor die Kaapse bergies geskryf "Bloutrein:. Dit is hartverskeurend om hulle ellende te aanskou!
10 jaar 7 maande 3 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar