Gedigte

Titel: BOEMELAAR
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op die kop
sonverlepte hoed
Die oog se hoek sit
onderbrug se slaap gekoek
Voordeur matskropper baard
sit om die kakebaan gestoppel
Suur speeksel wat mondhoeke verstop

Aan die bogedeelte lyf
‘n voëlverskrikker baadjie
op die skouers gekapstok
Oorvol bultende baatjie sakke
getuig van vullisblik besittings gekaap
Eens wit hemp se kraag
sit weke se swart sweet geklad

Broek wonderbaarlik nuut
gekreukel ma heeltemal gaanbaar
Wonder in watter pastorie
dit nie meer pas
Aan die lyfband
soos ‘n kombuis lepel haak
‘n paar besittings vasgemaak

Helaas die skoene
getuig van paaie ingesluk
Skeef getrap en afgeleef
soos die siel
wie se voete daarin staan
Waarvandaan gekom
waarheen gegaan
wie sal weet
wie sal omgee

Vyf rand vir ‘n broodjie meneer
Asseblief, honger maak die maag so seer
Hand wat lankal nie ken meer werk
al vrywend oor die maag heen
Ek kyk in die oë
die tonnel na die siel
Ek lees die vetletter skrif
en weet die vyf rand wat val
in die rukkerige bewerige hand
Ja - die babelaas klontjies hand
is nie vir ‘n broodjie meneer
Nee eerder ‘n wyntjie meneer
om weg te vat die klontjies kop



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jou woordbeelde
is ongelooflik beskrywend! Dankie
7 jaar 7 maande 1 dag 7 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar