Gedigte

Titel: Boereplaas
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O boereplaas, geboortegrond,
wanneer die son oor jou heuwels hang

roep tarentale ker-bek-ker-bek
en 'n kolgans soek sy weiplek

die windpomp tjier-tjier in die wind
waar skaapooi blêr vir haar weghol-kind

'n trekker dreun deur die laaste hek
en rooijakkals njaaa-aa uitgerek

ou Vos runnik in sy stal
as meerkatte skarrel oor die dam se wal

en boereplaas, geboortegrond,
jou het ek lief bo alles -
dis al.

© C. Potgieter 2013-04-26



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Boereplaas
Die definisie van nostalgie ;-)
6 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


*
Dit is eenvoudig net puik! Goed in jou doel geslaag!
6 jaar 10 maande 6 dae 14 ure oud


***
Dankie Charmain -- hiervan hou ek sommer BAIE!
6 jaar 10 maande 1 week 7 ure oud


Boereplaas
Dit is mos nou sommer uithaler Werk Chatmain, dit lees lekker dit se als! Knap gedaan
6 jaar 10 maande 1 week 18 ure oud


Boereplaas
Ek's weer 'n kaalvoetklong langs die plaasdam teen sononder - melktyd in die ou Wes-Transvaal - met die vroegaand se klanke 'n refrein in my geheue en diep in my hart. Boereplaas pas lieflik in die volksmond - dis 'n nuwe lied vol verlange -magtie, dis mooi, Charmain.
6 jaar 10 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Plaas
Ek kan nogal dink dat iemand wat op sò 'n plaas groot geword het...nou sommer baie gaan verlang. Ek hou sommer baie hiervan en veral die manier hoe jy die eerste reël en die laaste drie reëls ingespan het....dis al :-)
6 jaar 10 maande 1 week 2 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar