Weergawe: 1
Aantal woorde: 87
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 01 Jun 2015
bak dik kliprots
tot veldreuk daaruit verdamp
en in my neusholtes prentjies vorm
van stof en gras.
Oor die rooi sandoppervlak
lê bokspore soos los legkaartstukke
en tussen my tone druk
die klam rondheid van 'n bokdrol.
Die aandwind ruk
'n brunnet krul in die lug
waaruit die dalende son
'n stukkie goud delf.
Iewers uit 'n dikgevreete bokbuik
ontsnap 'n laaste blêr
wyl skudus langer rek.
Vanuit 'n bos dons en vere
kraai dit oor die werf
en is dit meteens nag.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart