Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bome sit nie
hulle verkies
om te staan

bome wik of wentel nie
nooit nie uit hulle baan ...

Bome verknies
hulle nie
aan die klein jakkalsies nie
of aan die skinderstories
wat die wind
sag fluister
of hewig storm nie .

Bome is dankbaar
vir die voëls wat in hulle nes
vir die opgewonde geselskap
wat veral soggens so vol vreugde is ...

Bome mind nie die son wat hulle verpes
omdat hulle skaduwee
aan moeë reisigers gee .

Bome mind nie hond en man wat teen hulle agterkante pis
of dier wat teen stam
rus of skuur nie .

Bome se favourite kleur
is (roes)bruin en (lower)groen
geel , die oranje van ryplemoen

die pienk en pers van lenteblom
die ryprooi van bessies
die (hemel)blou van lug ...

( en vele ander kleure tussen-in
te veel om op te noem ) .

Bome vurk en stam
kaal en blaar
en gedy in somer se klam .

Bome jaag nie roem
of glorie na nie
neem nie selfies
van hulle self nie

stel hulle self
nooit eerste nie .

Bome sit nie
rond nie
bejammer hulle self
nooit nie
( al mag ñ Treurwilger jou dalk anders laat dink) .

Nee , bome staan
bestaan , ontstaan
– verstaan
meer as wat jy dink .

Bome lewe .


( 09/03/2015 23h47
... doen jy ? )

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bome
Wow, dis roerend mooi. Stof tot nadenke; bome lewe - doen jy?
Baie dankie!
4 jaar 3 maande 6 dae 8 ure oud


Bome
"die oranje van ryplemoen" Skitterend!
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


.
Ek moes dit net weer kom lees.

Dalk moet jy hierdie op pdf of watookal formaat sit met 'n boom sag in die agtergrond en versprei ... ek weet ek sou dit graag op my FB wou deel ...
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Bome
Mooi personifikasie Rudi.

My opinie:

"Bome jaag nie roem
of glorie na nie
neem nie selfies
van hulle self nie"
die "van hulle self nie" is vir my plastiekblare wat aan die boom geplak word. Dit is 'n gedwonge en 'n onnodige herhaling wat nie daar is om iets te versterk nie. Kon dalk net wees:
"Bome jaag nie roem
of glorie na nie
neem nie selfies nie"

"hulle self" en "hulle" kon moontlik ook deurgaans eerder "hulself" en "hul" wees". Dit werk beter.

4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 5 ure oud


Bome het nie boude nie

As die mens net met ander oë na bome kyk, sal die samelewing 'n plesier wees om deel daarvan te wees.

Jy het goed gedoen met hierdie een.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


o ja
Great titel ook :-D
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


bome
Baie beslis het jy die mees kreatiewe brein OOIT . . . dink ek :-) Dis 'n fantastiese gedig. WELGEDAAN!
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


bome
mmmmmmm, anders as Anria-Luna, is ek van geboorte af 'n boom!

In die veld, kom ek nie terug met diereprentjies nie, maar met boomprentjies. Ek dink ek is deur een getoor. Het al selfs in een gebly met my eerste hoofrol in die grd2 skoolkonsert as Andre die kabouter. Van bome kan jy my min vertel.

Ns: lief jou gedig en sommer vir jou ook omdat jy bome lief!
*******

4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 16 ure oud


Bome.
Groot wysheid. Wat sal die ou tranedal sondewr 'n boom wees.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


kommentaar
eerste 6 reels in soveel eenvoud geskryf is vir my briljant. hele gedig laat my dink. ek kyk met nuwe oe na bome . . . .
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 18 ure oud


*
"neem nie selfies
van hulle self nie"

"bome lewe"

"doen jy?"

Ek is mal hieroor. Dis uniek. Dis vars.

Ek het jou so bietjie verloor by die kleure. Anders as dit het jy stilletjies die mens se foute uitgewys. Ek dink dit is wat dit so fantasties maak.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


.
Dalk moet elke mens strewe om soos 'n boom te wees ... wat fine is met my want ek lief bome en ek dink jou gedig is baie awesome, skerp, uniek en kreatief geskryf.

Dalk moet elke mens strewe om soos 'n boom te wees.
4 jaar 3 maande 1 week 6 dae 2 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar