Weergawe: 1
Aantal woorde: 139
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 29 May 2008
Jy het gekom na my saam met die wind,
Vreugde het jy my gegee,
Herhinneringe wat nie afgewas kan word deur die see,
Met groot ogies het jy altyd na my gestaar,
Die prentjie altyd in my gedagtes bewaar,
In my hande lê jy nou,
Wyl ek jou sagte liggaampie omvou,
Sal iemand tog kan verstaan,
ʼn rot kan ook as ʼn kind in ʼn huis bestaan,
oor jou liggaampie stort ek nou ʼn traan,
jy het verhuis van vlees na gees,
hoop my hart sal genees,
ek het jou gevind,
jy was my kind,
nou sal ek jou nooit weer sien nie,
jou hokkie sal nooit weer iets in hê nie,
maar jou sagte liggaampie sal ek nooit vergeet nie,
gaan nou in vrede en rus my rottekind,
tot in ewigheid is jy in gees gebind.
Totsiens my dierevriend.
Lees ander gedigte deur MYSTICAL.INFERNO
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Doret Johnstone-Robertson
In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.