Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoor die diere roep
elkeen na sy maat opsoek
die skemeruur het aangebreek
tyd om van jou sorge te vergeet.

In die bos of op jou stoep
dis tyd om die dag te kom groet
die horison aan die brand
met kleure uit die Vaderhand.

Palet van oranje, geel en rooi
hemelruim so mooi opgetooi
donker silhoeëtte van doringboom
staan eensaam in ‘n stille droom.

Almal word nou gesus
in die aandskemering se kus
nou kan jy glo, dis gewis
Bosveldkind se siel kom tot rus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar