Gedigte

Titel: BOSVELDPAD
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Herinneringspad Wat jou vêr terugvat
Op ‘n grasgroen, kindwees huppel pad.
Die onskuld droompad van ‘n kind
Wat geglo het as jy soek sal jy alles vind

Die klippiespad van grootword en van baie vrae vra
Skerp klippies wat voete steek as jy nie skoene dra.
Die ligpad van verliefwees van weet jys nie alleen
Die liefdespad van trousweer en twee mense word een.

Die drafpad van die lewe en die sukkel om by te hou,
maar die ligstrale wat deurbreek as jy weet hy is langs jou.
Die omgeepad van handevat van mekaar te help te dra
en dan wanner jul liefde blom te weet jy word ‘n ma.

So stap elkeen tot die einde sy eie bosveldpad
in ‘n tafareel van groenne en bruine saamgevat.
Terwyl die liggroen van kindwees en ma verdwyn
jy nog net die warm son se strale op jou lyf voel skyn.

Soos die springkaan van ouds sleep jy jouself met moeite voort.
Word weggevat van jou bosveldpad na paaie waar niemand hoort.

Enso 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bosveldpad
so stap ons elkeen n pad deur die lewe.. pragtig gepen
5 jaar 3 maande 1 dag 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar