Gedigte

Titel: Boudica se uitdaging: " vêr op die horison pronk hy op sy perd": Karakter

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

...is daar woorde waaraan ek kan vat jou te vertel
Van karakter se geur, kleur en tekstuur.., en die nuanse en intonasie
...en die werklike aard van mense op wit perde, dan as jy wil?

Fyn windbarsies opie huis muur-, en skerm mure aan die windkant, noordwes
Gelouter deur helwarm son en bibber koud looi wind, van die suidpool af

...en dis vatplek virrie duiwel en sy bendes
Te skeur en oop te beur en uiteindelik te breek soos die ryp en ys weer en verweer

...en daars mure wat val en stede wat val oor die erge krake en gate
...en dans daar ander gesout en gelouter wat bly staan, desondanks

......myse volk is soos die staan-mure, wat bly staan desondanks
..en daar mense op witperde daar wat vegtendstaan desondanks

Ek dink daars mans en vrou wat rotsvas staan desondanks die krake
..groot wye krake in die geledere, en ons staan rotsvas, karakter vas
Ek ken sulke wit perd ruiters, en meer as een!

Ptajeffeb72012



Kommentaar

mooi
Mooi gedig
3 maande 2 weke 1 dag 4 ure 45 minute oud


sjoe..
shucks ek kyk uit vir die wenner se werk - dankie vir kortstondige oomblik van saam te kon speel

...en dan nog steeds glo ek in is my ervaring dat helde kom uit nerens en in die oomblik intyd uniek na vore tree... aldus dan is baie van hulle klein vaal mensies wat onbekend en onbenullig is en was
Hmmmmm
3 maande 2 weke 1 dag 9 ure 13 minute oud


in wie se waarheid?
sodra die droom gestalte het in fisiese realiteit dan is daar nie meer 'n droom nie - slegs feite
3 maande 2 weke 2 dae 3 ure 54 minute oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar