Projek: PROJEK – BOUVALLE EN WRAKKE (2015-10-13 tot 2015-10-26)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 333
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 23 Oct 2015
kyk ek terug om nog ‘n keer die verlange en seerkry te groet.
Onthou ek soveel dooie drome en verspeelde ure,
wit gebrand en verbrokkel soos die murasie se mure.
My voetspore kartel heen en weer,
oor klippe wat verskans lê teen die verlede se seer.
Maar o my ‘God! soos in die verlede keer op keer,
kom die spel van die lewe om weer nuwe seerkry aan te leer
Volsirkel draai my drome in ‘n rolbos vas,
sien ek maar weer die nietigheid afskilfer soos ‘n boom se bas,
Staan ek en kyk hoe die donker om my vou,
met gekruisde arms om die seer uit te hou.
Maar in die stilte van die nag,
weet ek dat daar‘n nuwe toekoms wag.
God se woorde wat my regop hou,
“moenie bevrees wees nie, want Ek is met jou”.
In my geesteoog gly my oë weer oor die murasie,
sien ek myself biddend staan en pleit net vir ‘n bietjie grasie
Sien ek die rankplant en mos wat die skerp kante sag kom maak,
die groot ou wilde-els wat aan die helemelruim wil raak
Die murasie se fondament wat vas bly staan,
al het soveel jare en seisoene daaroor heengegaan.
Druk die wilde-els sy wortels deur die verbrokkelde nate,
groei die ou rankroos baldadig deur die eertydse venster gate.
Tussen die stene op die grond beur ‘n geel magrietje trots met haar kop omhoog,
verkondig sy God se liefde aan die hemelboog
Soos die jare verbytuimel gee die hartseer spasie,
verkrummel my mure ook soos die ou murasie.
Besef ek weer-eens dat om skanse te bou,
kan ook net soveel seerkry buite hou.
Ek draai om en loop die toekoms in,
met die vaste vertroue God is my nuwe begin
Net soos die murasie se verbrokkelde mure,
word my hartseer en seerkry dae nou getel in ure.
Wil ek aan alles wat leef en beef,
gaan verkondig dat my God leef!
Lees ander gedigte deur Mariette Stoker
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.
Wonderlik gevoelvol met 'n absolute uitklophou slot!