Weergawe:
Aantal woorde: 207
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 20 Jul 2007
Ek het jou gevang -
Jy maak my kniegies lam,
My Pragtige Man !
Ek is so bly, ek het jou gekry,
Jy maak my hartjie bly,
ek wil jou net vry en vry en vry,
tot die perde horings kry !
By Jou het ons gevind,
Ware liefde, ek en my kind,
Lekker Lag, Vreugde en speel -
dit alles word gedeel,
'n Geskenk van God - aan my !
Ek dank Ons Liewe Heer, vir Jou
weer en weer en weer !
Saam sal ons, ons kinders lei - "God se Way !"
My hartjie spring tot in my keel,
as jou lippe oor myne streel,
Jou oé hul geheime met my deel -
Ons diepste wense - een !
Ek wil vir altyd by jou bly,
hier by jou het ek my plekkie gekry -
ek voel so veilig, dit voel heilig !
hierdie liefde van jou en van my,
ons kinders daarby !
Ek is so bly ek moet belei,
my keuse, God het weggevee -
al my vrese nou gaan ons by jou bly,
sy aan sy, vir altyd in ons tuin,
van geluk en vrede !
Ek wil jou bedank,
Jou liefde vir God !
warm klop die sonskyn,
tot diep in ons hart!
Ek het jou lief !!
Lees ander gedigte deur AnsieB
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Martha Maria Jones
Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.