Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dad , my vlerke is gebreek ,
die penvere het deur my hart gesteek .
Ek gaan leeg na die diens van my gevoel ,
en ry in die stoet van my lewe .
Ek sak my in sy rusplek af ,
en gooi my geluk toe .
Ek huil die reën wat die grond set ,
en plant die kruis waar my liefde lê .
Ek sit die blomme op van alles wat ek vir ons wou hê ,
terwyl ek : ‘ Dad , daar,s n tyd vir alles ’ sê .
Dan kniel ek op die gelyke grond langsaan ,
en bid dat die hoop bo-op weggaan .

Want Dad , die nag is n geheime plek ,
n verbode donker met kwaad en goed bevlek
waarin daar geen groter vrees is
as om haar te mis nie ,
nie n groter seer
as dat sy weg is en ek kon haar nie keer nie .
En as ek vra oor my een ry spore
Leer Dad my van Job se woorde :
dat Dad gee en Dad terug kry ,
en as jy lief is vir iemand , laat haar vry .
Dad , ek weet ek moet my geluk laaste stel ,
en haar in my arms optel ,
en huis toe dra ,
want Dad het vir haar gevra .

Sy lê hie in my hande :
en ek hoef nie bang te wees nie ,
want ons altwee is deur Dad gemaak ,
ons altwee het gebreekte vlerke .
Sy staan geteken , n mens in steenkool
voor Dad se liefde in pastel ,
en ek n potloodskets-nar
die wêreld n waterverf-sirkus deur my oë .
Maar my vertoon is net n klug :
elke nag na die vertoning is sy terug ,
so deurskynend dat ek haar mis .
Dad , wat as sy my alles is ,
En ek wil hê sy moet daar wees ,
al kry ek seer ,
al staan ek bang
in my eie ondergang ,
en wens sy wil my aanraak ,
al los dit merke ,
en val ek as dit regtig saak maak ? .

Dad het my lewe n liedjie gemaak ,
met haar al die woorde daarvan ,
en ek wil alles onthou
van die gevoel wat ek kan .
Dad het my hart n Bybel gemaak ,
met haar n boek daarin ,
en ek wil al die letters aanraak ,
want die tyd is so min .
Dad het my lewe n sonskynreën gemaak ,
met haar al die goud daarin ,
en ek kan lag want sy is om my ,
en ek wil huil van geluk as sy aan my raak .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

brief aan God
baie mooi gepen hier....

...Sy staan geteken , n mens in steenkool
voor Dad se liefde in pastel ,
en ek n potloodskets-nar
die wêreld n waterverf-sirkus deur my oë ....
5 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar