Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy is nie weg nie ,
hulle is verkeerd .
Jy is hier .
Hoe sluit ek jou net af
en sluit myself nie af nie ? .
Hoe vergewe ek myself
deur myself te straf ? .
Sê my hoe sit ek die masjiene af
as ek nie net jou liggaam soek nie ? .
Hoe los ek jou as daar niks is
as ek jou met niks sal vat nie ? .
n Masjien is nie God nie -
n skakelaar hou jou nie aan nie .

Jy is nie weg nie , jy het net seer gekry
en gevlug ,
en diep in jouself gaan skuil
- soos ek voor jy my gekry het –
en die seer lê en wag
om jou te laat huil
en jy is bang .
Die engel is hier ,
en jy ruk weg ,
dit is al .
Ek skeur my siel ,
en skeur my gees ,
en brand myself tot as
om jou pyn vir my te vat .
As jy net wil vasklou
sal ek jou hou .

Hoe kan die engel jou kom haal en wegvat
as hulle sê jy is nie meer hier nie ? .
Hoe kan die dokters dan nie verkeerd wees nie ? .
Ek ruk my oë uit om jou nie te mis nie ,
skeur my hart uit om jou nie te voel nie ,
en sluit my af om jou af te kan sluit .
Ek vergewe myself en sê dit is my straf ,
en sit die masjien af ,
en soek nie jou liggaam nie ,
en los jou waar daar niks is om jou mee te vat nie .
n Masjien is nie God nie ,
n skakelaar het jou nie af gesit nie .
Met niks het ek in hierdie kamer in gekom ,
met niks gaan ek hier uit ,
en as ek jou wil aanvaar
moet ek nie ook jou leë plek aanvaar nie ? .
Ek skeur my siel en skeur my gees ,
ek brand myself tot as
om my pyn weg te vat .
As ek net wil vasklou
sal dit jou hier hou




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

brief aan jou
diepseer gedagtes... mooi gepen. Onthou om vas te hou aan die mooi herinneringe
5 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar