Gedigte

Titel: Briekligte
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Eendag toe ses nog vyf was
En mense gelewe het uit ‘n tas
Daai dag toe sien ek die lig
Die lig wat geskyn het uit die palm van my gewrig

Tussen die wind en die koue
Tussen die bantoes en die boere
Waar seuns geloop het met gewere
En meisies met pepper spray

Waar die uniekes was lesbies en gay
Waar aasvoëls op ongelukke wag
En BMW’s se briekligte staak
Geen ligte, niks
In die donker, in die nag

Tralies voor ons vensters
En drade op die muur
Met honde in hokke
Bang vir gif, bang vir vuur

Nou is ses ‘n nommer
Maal drie plus ons
Ons kinders en ons ouma’s en oupa’s
Katte slag, net vir sommer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mmmm... hou daarvan...
10 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


Briekligte
Die br...aakligheid van 10% an alle mense mooi gestel!
10 jaar 5 maande 5 ure oud


Briekligte
Slightly twisted maar ek like dit.

Groete

Chenél
12 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


ligte jazz
dit maak my dink aan george gershwin se prelude ii en my ouma wat op my skel omdat ek bloktyd het. nuut en oud bots kop aan kop en die onskuldige bystander bly vergruis op die sypaadjie lê, dis soos 'n weergawe van die foto van walter peterson, ek hou daarvan want dit maak my dink.

naskrif:wow, geen elipse nie.
13 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud



Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar