Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onthou jy?
Toe ons klein was,
het jy vir ons ‘n kaskar gebou
en by die afdraande
het ek styf om jou lyf vasgehou,
toe jy die draai op twee wiele vat
(want jy moes uitdraai
vir daai damn gemmer kat)
het ek so hard geskree,
jy het gestop, sorry gesê
en my ‘n soentjie gegee
so, het ons deur die lewe gegaan
altyd bymekaar gestaan
maar die ouderdom
het ons nou ingehaal
klaar met ons
jonk wees grille,
want nou is ons altwee
op brille en pille ...


Kaskar, Wiele, Brille, Pille



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die lekkerste is die onthou
9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 3 ure oud


Te midde van die 'brille en pille' is daar nog niks met die geheue fout. Kosbare onthou, PRAGTIG!
9 jaar 6 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


ja Robs dit is van al daai jongwees grille dat ek nou op brille en pille is! Goed geskryf!
xxxxx
9 jaar 6 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


En daai vergeet ons mos nooit.
Pragtige nostalgie, al is dit lighartig.
9 jaar 6 maande 2 weke 5 ure oud


Dis baie mooi...so lekker onthou enetjie!
9 jaar 6 maande 2 weke 5 ure oud


Daardie soentjie, die bymekaarstaan...: dis onthoudinge as die brille- en pille-tyd kom!
9 jaar 6 maande 2 weke 5 ure oud


hahahaha .... dis die woorde, brille en pille wat my so lekker laat lag!

Weereens, 'n sprankel`vers L'Belle!
9 jaar 6 maande 2 weke 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar